Jou fondasie vir effektiewe content wat resultate bring
GRATIS Content Clarity Werkswinkel 60 minute praktiese werkswinkel vir enigiemand wat wil groei op sosiale media.
Stap weg met ‘n duidelike rigting vir jou sosiale media, ‘n doelgerigte Content Mix, en ‘n sisteem wat verseker jy voel nooit weer verlore as dit kom by sosiale media nie.
Gratis, regstreekse, praktiese werkswinkel
14 November 11am SAST
Want to join this workshop in English? Click here to sign up for the English session.
Klink enige van díe bekend?
Jy maak jou foon oop om te post, maar jy het geen idee wat om te sê nie.
Jy post gereeld, maar dit voel random en oneffektief.
Jy het soveel belangstellings en idees dat dit onmoontlik voel om te besluit waarheen jou content moet gaan.
Jy bereik konsekwent... jou ma en jou niggie.
Jy weet sosiale media kan oneindige geleenthede bring, maar net om te begin lê soos ‘n berg voor jou.
Na hierdie werkswinkel sal jy nooit weer wonder wat om te sê, met wie om te praat, of hoe om hulle te bereik nie.
Wat jy sal leer:
Jou Content Split. Hoeveel van watter tipe content om te post.
Die Content Compass. My metode om ‘n rigting vir jou content te vind, selfs al het jy baie verskillende belangstellings.
Wat om werklik te post om jou te help om jou doelwitte te bereik.
Na die werkswinkel:
sal jy presies weet hoe om jou ideale kyker te bereik en jou besigheid te help groei.
sal jy wegstap met ‘n herhaalbare content sisteem.
sal jy nooit weer rigtingloos voel in die wêreld van sosiale media nie.
Intro video goes here
Hoekom my vertrou?
Ek is Jo, en ek skep verskeie tipes content al sedert 2021.
Ek het al nuwe sosiale media persoonlikhede gehelp om hul eerste 1,000 followers te vind van nul af en gevestigdes gehelp om dit na die volgende vlak te vat (100k followers op ‘n enkele platform). Ek het al brands gehelp om tienduisende mense by hul epos- en kontaklyste te voeg deur strategiese sosiale media.
Ek weet. Daar is duisende mense op die internet wat vir jou preek oor wat om te post, hoe om dit te doen, en hoe om hulle manier te gebruik om mega-viral te gaan en oornag ‘n miljoenêr te word. Maar ek is nie een van hulle nie.
Ek is eerste om te sê sosiale media vat deurlopend harde werk, maar ek kan vir jou eerlike, ervaringgebaseerde raad gee oor hoe om daardie werk te sit agter dit saak maak.
My doelwit is om te verseker dat jy nie ‘n minuut van jou kosbare tyd mors op strategieë wat nie sorg vir sukses nie. Hierdie werkswinkel sal jou wys hoe.
Hierdie is vir jou as jy:
✅ wil groei op sosiale media met doelgerigte content
✅ ‘n gedrewe persoon is wat goed is in wat jy doen
✅ dink daaraan om te begin post op sosiale media, maar heeltemal te oorweldig voel om te begin
✅ nuut is in sosiale media en op die voorvoet wil begin
✅ al ‘n rukkie sosiale media gebruik, maar voel of jy bietjie vassit
✅ bereid is om tyd en aandag te belê in ‘n aanlyn teenwoordigheid
Hierdie is nie vir jou as jy:
❌ net mooi foto’s en videos wil post nie
❌ nie belangstel om te baat by die voordele van sigbaarheid aanlyn nie
❌ op soek is na truuks en kortpaaie sodat jy kan viral gaan nie
❌ oornag resultate verwag nie
❌ net bereid is om tien minute per dag aan sosiale media te spandeer nie
Entrepreneurs | Real estate agents | Business owners | Doctors | Freelancers | Experts | Accountants | Marketers | Teachers | Counsellors | Dieticians |
Entrepreneurs | Real estate agents | Business owners | Doctors | Freelancers | Experts | Accountants | Marketers | Teachers | Counsellors | Dieticians |
Jou vrae: Beantwoord
-
Nee. Hierdie werkswinkel is vir enigiemand, ongeag of jy heeltemal nuut is en op die voorvoet wil begin, of al ‘n rukkie aktief op sosiale media is en net wil verbeter.
-
Ja. Alle tipes sosiale media persoonlikhede kan baat by die Content Compass en ‘n doelgerigte Content Mix. Sien jou daar!
-
Maak ‘n koppie koffie en bring jou notaboek en pen.
Hierdie is ‘n praktiese werkswinkel en ek sal bly wees as jy aan die aktiwiteite deelneem om die meeste uit ons tyd saam te kry.
Ek deel soveel juicy info, jy gaan soveel as moontlik notas wil maak!
-
Die werkswinkel sal regstreeks aanlyn gestroom word.
Jy behoort ‘n e-pos te ontvang met die skakel en ander details wat jy nodig het vir die dag.
Indien moontlik wil ek jou aanmoedig om op ‘n rekenaar/skootrekenaar by te woon. Anders is jou slimfoon ook reg.
-
Ongeag van watter sosiale media platforms jy aktief is, sal die werkswinkel jou ‘n hupstoot gee.
Ek gaan praat oor konsepte wat toepaslik is op teks-platforms soos LinkedIn, kort videoplatforms soos Instagram en TikTok, en lang video platforms soos YouTube.
-
Ja. Die Afrikaanse en Engelse sessies is op dieselfde dag. Klik hier om ‘n plek te bespreek vir die Engelse sessie.

